Tuesday 1 October 2013

Refleksie Skryfstuk

My ervaring met die blog skepping was wonderlik.Ek was eers bang  maar toe ek begin skryf het ek besef dat dit nie so moeilik is nie.

Die enige ding wat vir my moeilik was ,was om by elke week se tema te hou.Ek moes elke week dink aan 'n storie wat ek kan gebruik in my blog.Musiek was altyd my passie en om oor dit te skryf was maklik.Dit was net toe ek die woorde in afrikaans moes sit het ek 'n bietjie gesukkel.

Ek het dit baie geniet om te blog en het ook baie geleer van my klasmaats.Om ander mense se blogs te lees was baie interesant.Ek sal graag in die toekoms weer wil blog maar ek is nie seker dat dit in afrikaans sal wees nie.

Thursday 26 September 2013

Opvoedkundige Skryfstuk



 As jy musiek hoor wil jy altyd saam sing.Soms klink jy soos ‘n kanarie want jy haal nie reg asem nie.My ondervinding  in die kerkoor het my ‘n paar wenke geleer.As jy regtig ‘n solo stuk goed will sing, hier is ‘n paar wenke wat jy kan gebruik.

  •  Die beste manier om die meeste uit jou stem uit te kry is om  goeie asemhalingsoefeninge te doen.

  •   Staan met jou voete,skouer wydte.Ontspan jou knee en laat jou arms los hang.
  •   Haal in diep asem.Hou jou hand op jou maag.Jy sal voel dat jou diafragma uit swell.As jy asem haal moet jou skouers vlak bly.Hulle moet nie op en af beweeg nie.
  •   Ontspan jou kakebene.Enige spanning sal vermy dat jy die beste klank uit jou stem sal kry.
  •   Jou kakebene is die instrument waar jou stem vandaan kom,jy moet dit oppas.
  •   Masseer jou wange  met die punte van jou vingers.Doen dit in ‘n klokgewyse beweging.
  •   Drink warme vloeistowwe.Koue drankies sal jou stembande verpletter. Vermy ook nikotien en kafeïen.

Ek hoop dat die weke vir jou sal werk,dit werk beslis vir my.

Wednesday 18 September 2013

Verhalende skryfstuk



Dit was ‘n warme Sondagmiddag.My ma het so pas ons middagete voorbery.Die hele famielie was kerk toe en ek het in die jeugkoor gesing.Dit was nou ‘n ervaaring.



 



Elke Saterdagaand dan oefen die jeugkoor vir die Sondag diens.Soos gewoontlik sing Menan haar hart uit net omdat sy die solostuk kan kry.Ek is baie lief vir sing maar ek raak seenuweeagtig as ek alleen moet sing voor die hele kerk.Terwyl ons oefen gesels ons oor watter musiek stuk ons gaan sing en soos gewoontlik will ons ‘n vinnige nommertjie doen.Almal stem saam  en Menan sing met haar engelle stem.

 



Die Sondag oggend was ons gereed vir aksie maar al wat uitkom is Menan.Haar pa stap in by die kerk en sê vir ons dat Menan het so baie geoefen by die huis dat haar stem weg geslaan het.Daar sit ons nou met hierdie dilemma.En my jeugleier sê vir my dat ek moet instaan vir haar.My hart het in my keel gesit  maar wat kon ek doen,niemand anders wou nader staan nie.



Daar staan ek nou voor die gemeente.My hande is sopnat gesweet en ek bewe soos ‘n riet.Die musiek begin te speel in die agtergrond en dit was asof ‘n kalmte oor my geval het.Die spanning weg gevee.Ek het in daardie oomblik besf dat musiek jou regtig kan verander.Dit het vir my ‘n nuwe deur oopgemaak.’n Sensasie wat elke dag groei.



 

Friday 6 September 2013

Beskrywende Skryfstuk

Die dag is uiteindilik hier.Dit is my 25ste verjaarsdag en ek is so siek soos 'n hond.My vriende het vir my verrass met 'n konsert kaartjie.Dit is vir my gunstelling musiekante,Swedish House Mafia.Ek klim in die stort met die gedagte dat ek beter sal voel,maar ek voel so pap soos 'n snoek.

Hier is ons nou oppad konsert toe.Daar is duisende mense wat by die hekke staan en wag.Dit is so warm dat 'n mens sou sweer die son staan stil.Uiteindelik is ons binne en nou kan die vieringe begin
As daar eending wat ek weet is dat musiek is altyd iets wat my opkikker.Na 'n paar skemmerkelkies is ek aan die brand.My siekte is iets van die verlede.Die musiek is aansteeklik en die elektriese ritme
neem my na 'n ander planeet.My droom om vir Swedish House Mafia in lewende lywwe te sien het waar geword.

Ek weet dat ek hierdie aand nooit sal vergeet nie........

Wednesday 28 August 2013

Bekenstelling (persoonlike skryfstuk)

Musiek is presies een van die grootste sensasies in my lewe.Ek leef en leer deur musiek.Toe ek jonger was het ek altyd alleen gespeel.Ek het by my ouma groot geword en sy was en is nog steeds baie kwai.Ek moes elke middag alleen in die tuin speel.Dit is toe wat ek begin om musiek as 'n uitweg gebruik.Ek het elke middag gestaan en sing totdat my ouma uiteindelik vir my kom stil maak.
Oor die jare het  ek in die kerk koor gesing en baie bekende sangers bewonder.Ek wou graag eendag in die musiek bedryf werk,maar ai tog hier is ek nou 'n student wat onderwys in die grondslagfase studeer.Onderwys is my eerste liefde en musiek my tweede.Musiek verenig ook mense, en daarom is dit vir my so belangrik omdat dit saam met my kan praat wanneer anders nie vir my verstaan nie
Musiek speel nog steeds 'n groot rol in my lewe.Dit motiveer my wanneer ek hoop verloor in die lewe en die ritme sit altyd lente in my stap.