Wednesday, 28 August 2013

Bekenstelling (persoonlike skryfstuk)

Musiek is presies een van die grootste sensasies in my lewe.Ek leef en leer deur musiek.Toe ek jonger was het ek altyd alleen gespeel.Ek het by my ouma groot geword en sy was en is nog steeds baie kwai.Ek moes elke middag alleen in die tuin speel.Dit is toe wat ek begin om musiek as 'n uitweg gebruik.Ek het elke middag gestaan en sing totdat my ouma uiteindelik vir my kom stil maak.
Oor die jare het  ek in die kerk koor gesing en baie bekende sangers bewonder.Ek wou graag eendag in die musiek bedryf werk,maar ai tog hier is ek nou 'n student wat onderwys in die grondslagfase studeer.Onderwys is my eerste liefde en musiek my tweede.Musiek verenig ook mense, en daarom is dit vir my so belangrik omdat dit saam met my kan praat wanneer anders nie vir my verstaan nie
Musiek speel nog steeds 'n groot rol in my lewe.Dit motiveer my wanneer ek hoop verloor in die lewe en die ritme sit altyd lente in my stap.


3 comments:

  1. Enkele opmerkings:

    1. grootgeword - een woord
    2. kwai - kwaai
    3. kerkkoor - een woord
    4. musiekbedryf - een woord
    5. saam met my kan praat wanneer anders nie vir my verstaan nie - met my praat wanneer ander my nie verstaan nie.

    ReplyDelete
  2. Jou ouma was regtig kwaai. As jy mooi dink was dit nie vir haar nie sou jy nie so baie van musiek gehou het nie.

    ReplyDelete
  3. Ek deel in jou liefde vir musiek.Jy herhinne my van myself, ek is ook lief vir musiek en die onderwys. Jy is op die regte pad.

    ReplyDelete